Ek staan vandag voor jou.
Ek is kaalgestroop en leeg.
Ek is en voel soos niks.
‘n Barre braakland.
Op my lewenspad o Heer
het ek my maat ontdek.
Sonder om te skroom het ek belowe
om die helfte van my maat se las op my te neem.
Die blueprint van my lewe is destroy.
Ek dink in any case soe,
want elke kee’ wanne’ ek ve’jaar
wys’ie mirror my ‘n image van ‘n stranger.
Brutaal gewek uit my sluimer
hoor ek slae van donder
wat met kragtige dreun
die dag aangekondig
O Sanger
met jou sielvolle stem van fluweel.
Raak my sinne
met hartroerende woorde
My God en Koning,
net soos ek is;
mens, klein en nietig
kom staan ek voor U troon.
Daar’s die kind in jou
Met ‘n sagte stem
Wat ewe stuitig
Met die jêmkwas
Een pynigende woord,
'n swaard.
Een enkel frase,
die lem,
As daar 'n testament was
sou dit lees:
Moeder, ek laat jou na
ongekende pyn,
Blinkoog japsnoet,
haasbek glimlag,
jy't my hart sommerso vir jou gevat.
My liefding,
Diep hier in my binneste
Voel ek vir jou
So ‘n lekkerkry liefde
Vandag bevind jy jou
op die drumpel van 'n nuwe lewensjaar.
Gun jouself 'n oomblik
om stil te staan en terug te kyk .
Ek wou maar net
'n spesiale wegsteekplekkie
in jou hart bekom.
Maar dit skyn
Hul noem dit ‘n Vergadering.
Vir my, die enigste toeskouer,
Was dit liefs ‘n opvoering,
Waar akteurs hulle verlustig
Slegs 'n ingewing
om hier vir die sonopkoms te wag,
sodat ek dit kan vasvang
met my kamera se lens
Dit voel soos gister,
geliefde seun,
beminde broer,
getroue vriend
Die mense op die plaas
ken my as Gerhardus.
Plaasseun gebore,
veldkind getoë.
Aliera, pragtige, skone wese,
Wanneer jy wulps en vlugvoetig soos ‘n jong eland,
Tog met die elegansie van ‘n swaan
My wêreld bewandel,
Eenvoet,
sleepvoet,
slymvoet,
Met jou tuiste
In ‘n onbewaakte oomblik, toe jy kwesbaar was,
Het jy die vensters van jou siel,
Die geslote deur van jou hart
Onwetend vir my oopgemaak, my toegelaat om in te gaan.
Die huilende gesuis
Van die wind deur die bome,
Herinner jou
Aan vergete drome.
Sy groet my met ‘n: “Hallo vrou,”
Verneem dan na my welstand, en die van my gesin.
Sê sy: “Dis eersteklas en derde waters aan my kant.”
En in dieselfde asem lig sy my ook in:
Jy hou daarvan om te kyk,
Maar dis nie vir jou oë bedoel,
Want jy weet jy mag dit dalk later begeer.
Jy wil dit hê
Jy kyk en aanskou,
Maar dis nie vir jou oë bedoel,
Want jy mag dit dalk later begeer.
Jy wil dit hê
Jy is soos die son
Wat my hart verwarm
Wanneer ek verstote en verlore is.
Jou humorsin
Iewers is ‘n plek, so na aan my hart
Waarnatoe ek vlug
Van verantwoordelikheid en plig.
‘n Vreedsame, rustige stad.
Die dag toe jy deel word van my lewe
Het ek die gevoel gekry
Dat ons paadjies saam sal loop
Totdat die dood ons skei.
Hoe weet jy iemand is vir jou spesiaal?
Wanneer teerheid jou hart omkring,
In jou hart ‘n hunkering,
Dan weet jy.
Gedagtes draaiend, kolkend
Van wat was, wat is, en wat sal wees
Gevoelens weggesluit, verborge
Oorblyfsels van ‘n geknakte gees
Se my, ken jy 'n kind se hart?
Weet jy van die leed, die pyn en smart?
Kinders wie soms bitter trane stort
Wanneer hul wreed mishandel word?
SOOS GOUE VINGERS, KOESTEREND
REIK DIE STRALE VAN DIE OGGENSON
UIT NA DIE LANSKAP, NOG STEEDS SLUIMEREND
OM DIE MALSE KLEURE
Huppel, huppel padlangs,
Asvaal van die stof
Wat dampies om haar beentjies maak
As haar voetjies sag neerplof.
Soos ‘n standbeeld sit sy,
Turend na die wolke, donkergrys.
Emosieloos?
Gedagteloos?
Alleen, in gedagtes versonke,
Omarm deur die donker nag.
Klam teen my vel, die koue wind,
Sing sy aandlied, treurig, sag.
Wat het ek ooit gedoen
Om die geskenke te ontvang?
Hoe kan ek ooit verklaar,
Die onbeheerbare drang? |