|
Se my, ken jy 'n kind se hart?
Weet jy van die leed, die pyn en smart?
Kinders wie soms bitter trane stort
Wanneer hul wreed mishandel word?
Die weerloses, die wesies om ons heen
Dikwels verstote, hartseer en alleen.
Trane stromend oor gesiggies, hoof geboe
Die bewys van swaarkry in hul oe.
Sou jy nie graag met hulle plekke ruil?
Of ignoreer jy hul as hulle huil?
Donker, donker is die nag en ek is so alleen
My mammie en my pappie is opsoek na wereldse plesier
Ag Jesus, kan U my hoor ween?
Is ek so onbelangrik, van geen waarde, dat my ouers my vergeet?
Id dit dalk my skuld dat ek op die aarde is,
En nou 'n meulsteen heet?
Angsvol, bang. Die seer, die pyn. ek wens ek was liefs dood.
My mammie het gesterf, en nou slaan pappie my. Ja, ek moet boet.
Ag Vader, sien U in my nood?
Kan pappie nie verstaan dat U wel neem, maar dan ook gee?
Dat ek so baie graag die lee plekkie in sy hart wil vul.
Sy trane af wil vee?
Ek's honger, dors, geen kussing vir my hoof. 'n Weeskind noem
hul my.
Geen ouers, tuiste of familie oor, ek is alleen.
Ag Here geeneen aan my sy.
U bied 'n nes vir elke voel, en selfs 'n jakkals het 'n plek om
in te rus.
Maar ek behoort aan niemand, en het geeneen om my voor slaaptyd
Toe te maak, aan slaap te sus.
Donker is dit en ek sien geen lig, want ek is blind
Geen voorreg om die mooie kleure, om U handewerk te sien.
Heer, hoe moet ek my pad nou vind?
Ek is nog baie jonk. 'n Kind onskuldig. Waarom straf u my?
Almal nou my nou gebreklik, en ek voel so hulpeloos.
Waarom versaak U my?
Se my, is daar genade vir 'n kind?
Kan 'n kindjie tog ook vrede vind?
Is daar iemand wat hul uit hul nood wil red?
Is daar 'n antwoord op 'n kind se smeekgebed?
BUTTERFLY.
|