Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

Bevry Jouself.


Daar’s die kind in jou
Met ‘n sagte stem
Wat ewe stuitig
Met die jêmkwas
Vreeslik kwistig
Mense met mooi woordjies besmeer.

Daar’s die jongman in jou
Met ‘n vonkelende oog
Wat nogal lustig
Met ‘n lag in die stem
Vreeslik guitig
Bykans elke dame sy skattie noem.

Daar’s die wêreldwyse
Grootmens in jou
Wat ‘n bietjie te lugtig
Die beste raad
So effens versigtig
Aan vreemdes en vriende uitdeel.

Daar is jy
Sorgvuldig versteek
Agter vriendelike woorde
Ontspanne en rustig
Tog immer op jou hoede
Wat jou vrese met ‘n lag bedek.

Daar is ek
Wat baie dieper kyk
Hoor wat jy nié sê nie
Jou skanse deurdring
Sien wat jy nie graag wys nie
En jou binneste ontleed.

Daar is vader tyd
Wat vinnig beweeg
Jou beveel om kanse te waag
Breek weg, breek uit
Jy sal verloor maar jy sal ook slaag
Solank jy net voluit leef.

Butterfly.
 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap