Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

Blueprint.


Die blueprint van my lewe is destroy.
Ek dink in any case soe,
want elke kee’ wanne’ ek ve’jaar
wys’ie mirror my ‘n image van ‘n stranger.
My personality is departed
en die next person se character,
as well as sy way of thinking,
daai’s oek nou myne.

Die laws van acceptance
is modify en adapt.
nou daai maak van my
net ‘n groot stuk klei
wat wag oppie next paa’ hanne
om my te squeeze en te brei.

Eventually wo’d ek
maa’ net ‘n variation van society
wat traai om iemand anne’s te wies.
Daai’sie ienagste way wat ek ken
ommie public te please.

Dis ma’ hoe dinge is.
Die blueprint van my lewe
is oppie missing list.

Butterfly.
 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap