|
Een pynigende woord,
'n swaard.
Een enkel frase,
die lem,
wat sonder om die vlees te raak,
die hart verwond kon laat.
Bitterheid,
opwaarts stuwend, verstikkend.
Vernedering,
met die bloedstroom afwaarts vloeiend;
word voelbaar
in elke ledemaat.
Die mens
deur net 'n woord
tot niks gedegradeer.
Een tere glimlag,
bemoedigend.
'n Warm hand wat vlugtig aanraak,
salwend.
Oë wat vertroostend
die boodskap sein:
Hier is my skouer,
steun op my.
Opregte broederliefde,
sielsverheffend.
'n Antidoot teen onreg en venyn.
Een stille gebed,
eenvoudig:
dankie vir net een getroue vriend,
o Heer.
Butterfly.
|