|
Gedeelde Kruis
|
 |
|
Op my lewenspad o Heer
het ek my maat ontdek.
Sonder om te skroom het ek belowe
om die helfte van my maat se las op my te neem.
U ken die lengte, breedte en gewig
van elke mens se kruis.
Soms voel dit
asof ek die swaarste dra.
Bekommernis en vrae
verhoed my telkens om my seëninge
in volheid te ervaar.
Dan wys U my die merke
van wonde nagelaat
deur smart en lyding
op die skouers van my maat.
En ek besef o Heer
spesiaal is ek gekose
om dié gedeelde kruis te dra.
Skenk my geduld, wysheid en krag.
Wanneer ek struikel onder druk
rig my weereens soos tevore op
dan sal ek geduldig wag
op sonskyn na die reën
stilte na die storm
glimlag na geween.
U het alwys besluit
ek is vir hierdie taak bevoeg.
My bron van krag
is U eindelose liefde en genade.
Dankie liefdevolle Vader
dit is vir my
oneindig meer as net genoeg.
Butterfly
|
|
|