Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

Gratis - Verbode vrugte.


Jy hou daarvan om te kyk,
Maar dis nie vir jou oë bedoel,
Want jy weet jy mag dit dalk later begeer.
Jy wil dit hê
Wat jy nie mag besit nie,
Die smagting om daaraan te raak, kan jy nie keer.

Jy word toegelaat om
Aan dit te raak wat verbode is,
En ontwikkel 'n behoefte om dit joune te maak.
Jy kry toestemming en neem dit
Wat nie joune is nie,
Geniet die verbode vrugte terdeë, en hou van die smaak.

Jy put 'n genot
Wat jy nie mag smaak nie,
Jy weet jy waag dit op gevaarlike terrein.
Jy wil wees
Waar jy nie mag wees nie,
Selfs al weet jy dat jy die situasie moet vermy.

Jy ignoreer
Die waarskuwingstekens,
Tog, waaghalsig gaan jy maar voort.
Jy wil hê dit
Wat nie joune is nie,
Moet vir so lank as moontlik aan jou behoort.

Jy gee slegs
Soveel as wat jy wil,
En net wanneer die geleentheid vir jou reg is.
Dis presies wat jy wou hê,
Maar sonder die komplikasies.
Daar's jou reputasie, en jou gewete wat jy maklik kan sus.

Jy maak nou
Jou enigste keuse,
Dit is nie die moeite werd om voort te gaan.
Jy hou jou distansie,
Vergeet van die verlede,
En besluit om jou aandag elders te bepaal.

Jy het vrede
Met die res van die wêreld,
Jy kan kry net wat, en wanneer jy dit begeer.
Jy hoef nie te betaal
Vir wat jy nie mag besit nie,
Maar eendag, sal jy die duurste les van jou lewe leer.

Butterfly.
 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap