A collection of christian and love poems and short stories
Laaste hoop.
Ek wou maar net
'n spesiale wegsteekplekkie
in jou hart bekom.
Maar dit skyn
of elke hoekie
reeds 'n besetter het.
Dit laat my stom,
want hoe betuig ek
leedwese aan myself
wanneer my laaste flenter hoop
'n doodskleed dra?