|
My liefding,
Diep hier in my binneste
Voel ek vir jou
So ‘n lekkerkry liefde,
Wat die lag in my vrylaat
En my oë laat blink.
‘n Wil-jou-vasdruk-liefde
Wat my voete laat dans
En my hart laat sing.
Dis ‘n deurmekaar-maak liefde
Wat die lelik lieflik maak,
Die bitterste bitter soet,
En my soveel vreugde bring.
‘n Wil-net-gee-en-vertroetel,
Jou-gelukkig-maak liefde.
Dit voel ek net vir jou,
My liefste Liefding.
Butterfly.
|