|
Jou swakheid, My krag.
|
 |
Op elke mens se lewensweg kom daar soms struikelblokke wat dit
vir jou moeilik maak om jou lewensreis te voltooi. Deur ‘n
donker bos van wanhoop, en dit voel asof jy nooit lig sal sien
nie. Oor berge van probleme wat ontsettend hoog en onoorkomelik
lyk. ‘n Pad met dorings besaai, en jou so baie pyn veroorsaak,
jy dink dat jy nooit weer sal heel nie. Botsende emosies wat jou
soos ‘n stroom kolkende water meesleur, sodat jy voel of jy
dieper wegsink, an gaan verdrink. Dit is die weg van die lewe,
deel van menswees. Dit
gebeur dikwels dat jy soek na liefde, vriendskap, lewensvreuge,
vrede en sukses. Jy soek na iemand met wie jy jou vrese, drome,
verwagtinge, ongeluk en geluk kan deel. Iemand wat saam met jou
stil kan wees en bloot net jou teenwoordigheid geniet en
waardeer. Jy besef dat daar meer is as net jou gesin, familie en
werk, en wil so graag deel wees van die lewe daar buite. Tydens
jou soektog maak jy foute en neem onoordeelkundige besluite wat
jou lewe onherroeplik kan verander.
Wanneer jy uiteindelik besluit om ‘n verandering te maak, kom jy
agter dat diegene wie tot dusver jou verantwoordelikheid was,
nie kan saamleef met die feit dat jy ‘n mens met behoeftes, eie
belangstellings en ‘n eie, unieke persoonlikheid is nie. Hoe se
jy aan jou geliefdes dat jy hulle liefhet, maar dat jy tyd vir
jouself wil he? Dat jy dinge wil doen waarvoor daar nooit tyd
was, of nie finansieel sterk genoeg was om dit te doen nie. Hoe
se jy aan hulle dat jy ‘n lewe van jou eie wil he sonder om
hulle liefde en respek te verloor? Jy het jou lewe lank
opofferings gemaak vir die mense wie jy liefhet, en nou het dit
tyd geword dat jy aan jouself dink. Is dit verkeerd om jou
vryheid te geniet voordat jy te oud is? Daar is so baie wat jy
wil doen, maar dit dra nie die goedkeuring van die mensdom weg
nie en jy moet doen wat van jou verwag word. Soos ‘n marionet
wat die stroom volg en uiteindelik die ewigheid ingaan met die
wete dat jy nie hard genoeg probeer het om volgens jou eie reels
en regulasies te leef nie. Jy word beskou as ‘n goeie ouer, ‘n
getroue eggenoot en Christen, ‘n lojale werknemer, tog, wanneer
jy op ‘n dag besluit dat jy jou verantwoordelikheid teenoor
jouself moet nakom, word jy nie toegelaat om dit te doen nie. Jy
het die reg om van besluit, of jou lewenswyse te verander, maar
slegs as dit die mensdom pas. Jy mag maar seergemaak and
verneder word, maar wanneer vrae gevra word, mag jy nie ‘n
eerlike antwoord op opinie gee nie, uit vrees dat jy jou
medemens sal seermaak of gevoelens sal krenk. Jy moet liewer
vergeet dat daar ‘n tyd was toe jy stief behandel was. Wanneer
jy die geleentheid kry, mag jy probeer om jou kant van die saak
te stel, maar iemand anders besluit hoe jy voel en wat jou
gedagtegang is. Jy het die volste reg om jou medemens te help,
maar iemand anders besluit wat jou beweegrede is. Kortom, jy
word nie toegelaat om jouself te wees nie. Om aanvaar te word,
moet jy jou persoonlikheid, jou menswees aanpas by diegene met
wie jy daagliks omgaan.
Op ‘n dag besef jy met skok dat jy jouself aan die lewe onttrek
het, jy staan by ‘n kruispad en jy weet nie waar om uit te draai
nie. Jy is nie die besadigde, stil, teruggetrokke persoon is nie,
maar het verleer het om jouself te wees. Jy ontdek dat jy ‘n
sprankelende, uitdagende, impulsiewe en selfs kinderlike wese
is, en dat jou lus vir die lewe nog nie geblus is nie. Maar jou
plig teenoor jou geliefdes verhoed jou om die lewe te ervaar
soos jy graag wil. Jy het keuses om te maak. Kies jy jou vryheid,
mag jy diegene wie vir jou dierbaar is, verloor. As jy verkies
om jou vryheid terwille van jou geliefdes prys te gee, verloor
jy die enigste kans om weg te breek en te doen wat jy graag wil.
Nou het my beurt ook gekom. Op ‘n Sondagmore, ver van my huis en
gesin, alleen in ‘n park het ek gesit. Mismoedig, verward en
ongelukkig. Die keuses wat ek gemaak het, die pad wat ek tot
dusver geloop het, het my tot hier gebring. Ek wou ook graag
gelukkig wees en ‘n bietjie vryheid geniet, maar dit sou beteken
dat ek diegene naaste aan my sou seermaak. Hoe gee jou uitting
aan jou gevoelens wanneer jy die vermoe om te kommunikeer langs
die pad verloor het, of aan ‘n minderwaarsdigheidskompleks lei?
Hoe tel jy die drade van jou lewe op? Waar jou hart behoort te
wees, is net een rou seer. Jy voel vernederd, verslae, verstote
en verontreg. Die verlede, en gebeure van kort gelede speel voor
my af en ek sien geen uitkoms nie. In die verlede het ek verkies
om alles wat in my pad kom, goed of sleg, te aanvaar en daarmee
te leef. My oe het uiteindelik oopgegaan nadat een van my niere
verwyder is. Ek het op die operasietafel gele en dit was asof
ek‘n gewisse dood in die oe staar. Ek het op daardie oomblik
geweet dat as ek sterf, net my familie en ‘n paar kenisse my
begrafnis sal bywoon. Ek het geen vriende gehad nie, het mense
vermy en sodoende ook konfrontasies. Ek het nog altyd probeer om
almal rondom my gelukkig te maak, maar ten koste van myself. Was
dit reg of regverdig teenoor myself? Beslis nie, maar ek was
self verantwoordelik vir die situasie waarin ek op daardie
tydstip verkeer het. Ek was nog altyd ‘n goeie vrou, moeder en
nog meer, het meer as net my plig gedoen, sonder om aan myself
te dink. So baie gedagtes het deur my kop gegaan, en ek het
saggies, geluidloos begin huil. En toe, saggies, veerlig voel ek
iets teen my been skuur. ‘n Eekhorinkie, fyn en klein gryp met
sy klein pootjies na my toon en onwillekeurig borrel ‘n laggie
oor my lippe, wat hom vinnig laat wegskarrel. ‘n Ligte briesie
waai deur die booptoppe en die droe blare dwarrel grondwaarts.
Ek raak ineens bewus van die kleureprag rondom my. Bome en
struike in verskillende skakerings van groen, die blou lug. Die
berge troon majestieus bo die statige, ou geboue uit. ‘n Paar
skoenlappers dartel en dans vir ‘n paar sekondes voor my rond en
vlieg dan liggies verder. Ek neem alles voor my in. ‘n
Lewensgrootte prent perfek geskilder deur die hand van God. Ek
kyk na die eekhorinkie wat ‘n entjie verder aan ‘n saadjie kou.
Net so klein, so weerloos soos ek. Aan die genade van ander
uitgelewer. Ek sluit my oe vir ‘n oomblik, en onthou my dierbare
vriend se woorde van ‘n paar maande gelede, toe ek ook
bemoediging nodig gehad het: “Miskien moet jy 2de Korinthiers 12
vers 9 lees.” My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot
volle werking wanneer jy swak is. Dit bring berusting,
aanvaarding, en ek weet dat my hemelse Vader in beheer van my
lewe is. Sy genade is vir my, ‘n sondige mens genoeg.BUTTERFLY.
|
|
|