|
Die mense op die plaas
ken my as Gerhardus.
Plaasseun gebore,
veldkind getoë.
Op die wye, oop vlaktes
is waar ek op my gelukkigste is.
Ma' week-ends issit 'n anne story.
Dan wo'd ek Gerald van Etlentis.
As jy daa' bly en jy'tie 'n karrie
loep jy jou Adidas flente's.
Voo'langs kry jy die Shopping centre.
Soe bietjie ver'er
die Residential area.
Nog soe bietjie ver'er
die Industrial area.
In daai plek liewe die mense rof.
Dêrrie is week-ends innie pub,
Mammie jol - dinge ruk innie club,
ennie laaities, ek wietie.
Well, hulle wiet selfie waa' hulle issie,
want tik is mossie ding.
Hou jou op 'n constant high.
Koskaste bly leeg,
nou wiet ek hoekom die laaities diefstal pleeg.
En as jy 'n bietjie bietere af is
slaap jy innie aand not 'n dêm gerussie.
Innie wiek
loep ammal af na die Factories toe.
Tyd vi' affirmative action.
Union strikes issie main attraction.
Oe ja, en Black empowerment.
Lyk glad’ie vi' my of ienage ene we'kie.
Hulle hou ma' uit tot Vrydag.
Yes! Dan issit mos paydag.
Koep genoeg luxeries virrie kinne's,
dan kannie paarties ma' beginne.
Sondag sit jy met 'n helse babelas.
Nou wiet ek hoekom is daa' nooit bai' mense innie ke'kie.
Maandag is ek terug op die plaas.
Word ek weer Gerhardus.
Moerkoffie en tuisgebakte brood,
Diptyd en lamtyd,
saaityd en oestyd.
Werk hard deur die dag,
slaap rustig in die nag.
Nou weet ek waarom ek hier op die plaas gelukkig is.
Joan Jonker.
|