Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

Onthou jy?



Slegs 'n ingewing
om hier vir die sonopkoms te wag,
sodat ek dit kan vasvang
met my kamera se lens,
en ek wens
dat jy by my was.

Weeskindertjies in die halfsirkel
staan nou in volle blom.
Die groot ou eikeboom se takke
begin sy tere bloeisels groen vertoon.

'n Palmboom-gesin van vier
wat vir die boemelaar 'n skuiling bied,
is ook 'n tuiste
vir tortelduiwe
wat my koerend welkom heet.

Geslote deure,
geluikte vensters
van die ou gebou,
belet my ingang
dat ek weereens kan ervaar
die geur
van intieme samesyn,
versmelt met dié van eeue oue misterie.
Die wonder van 'n passievolle aand vermeng
met 'n tikkie van onsekerheid.
Tog was daar hoop.
Maar nou
is dit net ek,
die heimwee,
en onthou.

Butterlfy.
 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap