Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

SUID AFRIKA HET JOU NODIG !

  1. My liewe jong vriend, Suid Afrika het jou nodig!
  2. Jou antwoord mag wees:
    • Maar ek is jonk.
    • Ek is onervare.
    • Ek ken nog so min van die lewe.
    • Ek is nou eers in matriek.
    • Maar ek woon in Mamre.
  3. Ongeag jou antwoorde, wil ek vir jou onomwonde sê, Suid-Afrika het jou nodig!
  4. Die rede waarom ek dit vir jou sê is die volgende:

  5. Kom ons kyk na die huidige Suid-Afrikaanse scenario. Hoe lyk ons land – kom ons wees eerlik met mekaar, en ons kyk na die nou, die huidige:
  6. Die demokrasie wat ons in hierdie lieflike land uitleef, is besig om die land te versmoor, dood te maak.
  7. Dit skyn asof alles vandag ‘coshure’ is, aanvaarbaar is:
    • homoseksuele troues
    • korrupsie en geld misbruik
    • vervalsing van dokumente om in poste te kom
    • tienerswangerskappe
    • swak leierskap
    • onvermoë om sterk standpunt in te neem
    • dwelm en drank misbruik
    • politieke besluite wat soms die rede en realiteite ondermyn
    • populere standpunte en besluite
    • swak werks-etiek
    • afwesigheid van die werk
    • nie-betydse afhandeling van verantwoordelikhede
    • die aanvaarding van middelmadige praktyke.
  8. Dit is die euwels van ons tyd, wat skyn besig is om die norm te word en al hoe meer mense is besig om in hierdie misbruike te verval.
  9. My jong vriend, wat Suid Afrika nodig het is:
    • ‘n nuwe generasie van leierskap,wat sonder die bagasie van die verlede na vore kan tree, bereid is om op te staan, en getel te word.
    • ‘n nuwe generasie wat bereid is om sterk standpunt in te neem, en onverskrokke daaroor te wees.
    • ‘n nuwe generasie wat respek afdwing en wat respek toon, ook vir ander se standpunte.
    • ‘n generasie van leierskap wat verby politieke affiliasie kan kyk, na die behoeftes van die breër gemeenskap.
    • Suid Afrika het ‘n nuwe generasie van leierskap nodig wat verby die kleurgrense kan kyk, na die groter prentjie van wat goed is vir Suid-Afrika en al sy mense.
    • Suid- Afrika benodig mense wat produktief is en wat ‘n gesonde werks-etiek openbaar.
    • Suid-Afrika benodig ‘n nuwe generasie van leierskap wat die nodige wil en vermoë het om dit wat verkeerd is, dit wat afbrekend is, sinvol te transformeer en te verbeter.
    • Hierdie land benodig leiers wat strategies en planmatig te werk gaan om hierdie pragtige land na hoër hoogtes te neem.
  10. My liewe vriend, Suid-Afrika het jou nodig!
  11. Laat ek ook waarsku dat as jy bereid is om deel van hierdie nuwe generasie van leierskap te word, jy bereid moet wees om wind in jou gesig te kry, dws. die wind van voor te kry.
  12. My liewe jongmens, Suid- Afrika het jou nodig! South Africa needs you!
QWN

 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap