|
Jy kyk en aanskou,
Maar dis nie vir jou oë bedoel,
Want jy mag dit dalk later begeer.
Jy wil dit hê
Wat jy nie mag besit nie,
Die smagting om daaraan te raak, kan jy nie keer.
Jy raak aan dit
Wat verbode vrugte is,
En ontwikkel 'n behoefte om dit joune te maak.
Jy neem dit
Wat nie joune is nie,
Geniet dit ook terdeë en hou van die smaak.
Jy put 'n genot
Wat jy nie mag smaak nie,
Jy waag dit op gevaarlike terrein.
Jy wil wees
Waar jy nie mag wees nie,
Selfs al weet jy dat jy die situasie moet vermy.
Jy ignoreer
Die waarskuwingstekens,
Tog, waaghalsig gaan jy maar voort.
Jy wil hê dit
Wat nie joune is nie,
Moet vir ewig en altyd aan jou behoort.
Jy moet neem
Wat aan jou gebied word,
Slegs wanneer die geleentheid daar is.
Jy besef later
Dis nie wat jy wou hê nie,
Daar ook jou gewete, wat jy nie kan sus.
Jy staan nou
Voor 'n moeilike keuse,
Is dit die moeite werd om voort te gaan?
Jy ontdek dan
Dit was nooit jou keuse,
Dis 'n doodloopstraat. Jy word uit jou droomwêreld gehaal.
Jy het nou
'n Gebroke hart,
Want jy kan nie kry wat wat jy bo alles begeer.
Jy betaal vir dit
Wat jy nooit kan besit nie,
Jy het die duurste les van jou lewe geleer.
Butterfly.
|