Butterfly Lines - a collection of love poems and short stories

Voer my weg, o Sanger.


O Sanger
met jou sielvolle stem van fluweel.

Raak my sinne
met hartroerende woorde
gedra op die wieke van ‘n simfonie.
Voer my weg
met die akkoorde
op ritme van ‘n tere melodie.

Ek vra jou o Sanger
gun my ‘n wyle
om in harmonie met jou te sweef,
tot waar ons
in liriese vervoering
tesaam ons passie vir musiek kan beleef.

Butterfly.
 
Quick Links

English Poems

Afrikaans Poems

Short Stories
© 2006 CornishWeb.com
Dogs Online | Computers & Electronics | sitemap