|
Brutaal gewek uit my sluimer
hoor ek slae van donder
wat met kragtige dreun
die dag aangekondig
Bliksemstrale
wat deur die hemelruim klief
skiet staccato beligting
in die oggend skemering.
Vreesaanjaend, ontsagwekkend,
tog verblydend,
want ek weet ek leef.
Deur ‘n reëngordyn van silwer
sien ek, nouliks sigbaar
wolkevorms wat vergaar
dan,
gedryf deur brute krag van stormwind
wegbreek na êrens
drywend soos doellose reisigers
op pad na nêrens.
Vaal boomgeraamtes
staan swyend, afwagtend
om die nog sluimerende prag
van botsels te vertoon.
Tenger groen blare van blom en struik
wat skugter, soekend opwaarts reik
maak gereed om die aarde
met kleur te beloon.
Ysige koue, snerpende wind,
donderstorm of bliksemstraal
kan die warmte in my hart nie keer.
Winter het gekom met ‘n boodskap van hoop.
Dit bring vreugde mee.
Dis hier om te voed,
om nuwe lewe te gee.
Butterfly.
|