|
Gedagtes draaiend, kolkend
Van wat was, wat is, en wat sal wees
Gevoelens weggesluit, verborge
Oorblyfsels van ‘n geknakte gees
Smagtend na ‘n bietjie liefde
Na ‘n bietjie toegeneentheid
Van iemand wat dalk verstaan
Verlangend na rustigheid
Grypend na oplossings
Wagtend op kalmte
Tastend na antwoorde
‘n Behoefte na warmte
Wense onvervuld
Vrae onuitgespreek
Behoeftes geignoreer
Vertroue gebreek
Eensaam, verstote
Wanhopig, gefrustreerd
Emosieloos, rigtingloos
Trane Vloei, onbeheersd.
BUTTERFLY.
|